February 14, 2008

Boekbespreking:

Venter, Rudi Terugkeer (H&R, 2007)

Rudi Venter verras hier met sy eerste jeugroman; en veral verblydend is die feit dat die hoofkarakters seuns is! Hierdie is ‘n lekker-lees spanningsverhaal; vol aksie en interessante wendings. ‘n Onskuldige fietstoer van vier vriende verander sommer van bladsy een af in ‘n asem-ophou storie wanneer Stephan, Anton en Gerhard agterkom Henk is nie by hulle nie. Dan beland Stephan by ‘n snaakse man wat hom oplaai na n plaas; terwyl Anton en Gerhard op die dorpie Terugkeer, probeer skuiling soek teen die dreigende storm. Die verhaal ontwikkel verder met beide groepe in gevaar, want hierdie is ‘n uiters onverdraagsame gemeenskap! Veral as jy verwar word met ‘n prokureur wat gladnie meer welkom is op Terugkeer nie! Ek het die verhaal sommer baie geniet. ‘n Sterk spanningslyn word gehandhaaf; Venter skryf gemaklik en praat die taal van die jongmense; jy kan eenvoudig nie die boek neersit tot die finale ontknoping van die verhaal nie. Hoogs aanbeveel; vir jong tieners. Skryf gerus nog meer!
Suurlemoen, deur Jaco Jacobs (LAPA, 2007)
Wow! Wat ‘n heerlike verassing is hierdie jeugverhaal nie! Die skrywer sit nie ‘n voet verkeerd met hierdie vermaaklike verhaal oor vier jongmense wat ‘n rock band Surlemoen begin nie. Dit begin met ‘n idee, en ontwikkel tot ‘n volwaardige verhaal wat enduit boei. Ek is mal oor die manier waarop die boek saamgestel is: notas, idees gekrap op Post-it-plakkers; foto’s van die groep; en veral Tiaan se notas aan homself dra net by om die verhaal meer toeganklik te maak. Die storie leef; is energiek, snaaks, en daarby kom die toets vir Tiaan en Zane se vriendskap: wat om te doen as julle van dieselfde meisie hou! Hierdie is regtig een van die aangenaamste boek-verassings wat ek gehad het. Sal defnitief geniet word deur jongmense; en ‘n lekker boek om onwillige lesers mee te lok wat nie van stories hou nie. Hoogs aanbeveel.
Toko, deur Leon de Villiers( LAPA, 2007)
Lesers wat van skop-skiet en donderweer Afrika-styl hou sal ongetwyfeld hierdie boek geniet. Dit gaan om Afrika tradisies; aanvaarding van ‘n jongman wat “anders” is en nie aanvaar word deur die “jong leeus” van die stam nie., want hy skep beelde uit hout;en vir sy mense is dit ‘n vloek om ‘n beeld van hulle te maak.. Hy moet doodgemaak word. Erg melodramaties, en behoort goed as ‘n toneelstuk te werk; maar ek kon nie betrokke raak by die algemene histerie van die karakters nie. Onoortuigend vir my, maar daar sal sekerlik lesers wees vir so ‘n verhaal. Pragtige treffende omslag
Klitskronkel en die vlammende swaard, deur Fanie Viljoen( Tafelberg, 2007)
Jonger lesers 9-12 jaar en ouer sal hierdie vermaaklike speurverhaal baie geniet. Speurder Klits Kronkel is die oulikste kordaatste speurder, kompleet met ‘n kat Japtrap, n bekwame assistant juffrou Splinter wat tog te goed na hom kyk, en met ‘n tegniese kenner Blitz Vinnig se hulp is hy oorgehaal vir enige speurder-gebeure. As dit dan gaan om ‘n kasteel en sy eienaar Nerf Edelsteen waaruit die waardevolle Saffierswaardvanger gesteel is, word sy hulp ingeroep deur Nerf. Maar dinge is nie te pluis nie; Nerf se broer Troebel lyk ook baie verdag; en dan het hul broer Raaf op onverklaarbare wyse gesterf, of het hy?! By al die intriges word die leser vermaak met die eienaardige gedrag van fantasie-karakters soos die reus Pekel, Marionetta; Pik Steel; en dalk nog ‘n draak ook! En ons speurder is juis lus om met ‘n draak te baklei. Lekker woordspeling; verassende karakters en “objects” boei, soos ‘n volstruis as rytuig; en die groen slang as landingstuig, en ‘n tas met vinne. Interessante wegsteekplekke word geskep vir die swaardvangers en die Diamantswaard wat die waarheid altyd laat seevier, en die geheel getuig van die skrywer se uiters vrugbare verbeelding. Dit is ook lekker as hy die fantasie kombineer met alledaagse gedagtes en reaksies en emosies; soos Klits wat nie kan glo sy boepmagie lyk so sleg op die muurskildery nie! Voortdurende aksie word gekombineer met fyn humor om jong lesers te vermaak. Diek Grobler se illustrasies is interessant en vul die teks goed aan. ‘n Lekker-lees boek. Hierdie skrywer lewer voortdurend goeie werk, en on sien alreeds uit na sy volgende boek! Hoogs aanbeveel.
Prenteboek:

Leander en Louise, deur Ann Walton; met ilustrasies deur Marna Hattingh(Tafelberg, 2007) Afrikaans deur Kobus Geldenhuys.

Met Louise se verjaarsdagpartytjie val sy per ongeluk op haar hondjie Leander, en hy byt haar. Nou noem almal hom ‘n stout hond, en sy hartjie is gebreek. Maar hy is nie ‘n dom hondjjie nie; daar is ‘n manier om Louise se hart weer sag te maak! ‘n Eenvoudige verhaal met ‘n mooi boodskap. Lekker groot gedruk is die teks, en die min woorde word goed aangevul met volblad illustrasies wat help om die verhaaltjie te vertel. Vir 2-6jariges; voorlees of selflees.
Kartonboekies:

Otto se speelkis; Otto in die tuin; en Otto kyk na teenoorgesteldes; Otto by die huis , deur Eric Hill (Human & Rousseau, 2007)

Hierdie bly maar van die gewildste boeke vir peuters en kleuters; Otto het die wonderlike gawe om hul harte altyd te verbly. Goeie toevoeging tot versamelings vir babas en kleuters.
Heruitgawes van die volgende boeke:

Huppel en sy maats, deur W.O.Kuhne (Tafelberg, 2007) Rivierplaas, deur Alba Bouwer , met illustrasies deur Katrine Harries(Tafelberg, 2007) Saartjie se held en Saartjie se papegaai, deur Bettie Naude( Human & Rousseau, 2007)

Trompie die kragman, en Trompie die hartedief , deur Topsy Smith (Human & Rousseau, 2007) Gedaantes en geraamtes-omnibus 1, deur Louise Prinsloo ( Human & Rousseau, 2007)

Hierdie mooi klompie heruitgawes het geen bekendstelling nodig nie! Die uitgewers word gekomplimenteer met die aantreklike buiteblaaie wat sommer nuwe lewe aan ou gunstelinge gee. Alba Bouwer se Rivierplaas-stories is een van die klassieke werke in die Afrikaanse Jeuglektuur, en hierdie omnibus word verwelkom. Netso het Kuhne se Huppel en sy maats nog nooit sy gehoor verloor nie; en dit is noodsaaklik dat hierdie ou gunstelinge behoue bly vir die nuwe geslag Suid-Afrikaners. Dankie aan die uitgewers hiervoor.

A special tribute to Piet Grobler, Illustrator: On behalf of IBBY SA it is a great honour for me to give this tribute to Piet Grobler, one of South Africa’s best loved illustrators of books for young people. Not only is he recognized for his work as illustrator , but also for his total commitment to assist in the developing of a reading culture amongst our children. He has been consistently involved with as a loyal supporter of IBBY SA, and for the IBBY Conference in South Africa in 2004, he voluntarily created the poster used to promote the Conference here in Cape Town. Over the years he has created many outstanding and award-winning books , in collaboration with well-known local, and international writers. His enthusiasm for his work, and his special gift for encouraging young illustrators to grow and market their talents, makes him even more of a role model for others Piet Grobler consistently does work of high quality. He stubbornly refuses to settle for anything inferior, whether it is in selecting the tools of his craft, in selecting suitable stories, or in his dealing with publishers. He is a unique individual with a definite personal style; and with the ability to adapt to the special requirements of each text he works with; working fast but taking his time to get the atmosphere of the story exactly right ; and then adding his own subtext in the background details to the story. His illustrations are truelly works of art, subtle, refined, and very imaginative. Painstaking attention is given to the finest minute detail. He has a noticeable humorous touch, slightly off-beat and sometimes absurd, playful, satirical, intensely creative , engaging and without pretensions. He uses colour with finesse and great care; each illustration is lively , but at the same time very decorative and as such pleasing to the selective critical eye. He has a subtle pen, with an eye for small details and often draws with engaging lines; giving his work a touch of mystery, purity, complexity, and with a sophisticated edge to delight even the adult viewer. References to biblical stories, fables and folklore give his work a sense of history, and reveals his underlying respect for the power behind all human creation. The illustrator is a civilized , wise, humble and gentle person. These qualities allow him to treat each new project with the necessary care and with respect for the writer’s message; and allows him to reject projects distasteful to him. By giving his own interpretation of a specific culture, he manages to bring different cultures subtly together, making his work accessible to a worldwide audience, especially if translated into many languages. He approaches the child, and the child’s needs, with great care and much thought. Llike many good illustrators before him, he sets no boundaries to the child’s imagination. He sees the book as a starting point for the child into the world of art and llife; picture books step across borders. He personally quoted Kveta Pacovska who said that “ A book is the first art gallery through which a child walks”. And Piet Grobler wants to make this experience as memorable and beautiful as possible. As an example of his work.I would like to discuss the book Makwelane and the crocodile, by Maria Hendriks for which he did the illustrations. Published by Human & Rousseau, Cape Town 2004: The story is set against an African background, and it is a delightful and very colourful tale in the tradition of all great folk and fairytales, reminiscent of tales like Little Red Riding Hood,. A little girl, who dreams of the day when she will be big enough to visit her grandmother all by herself, is threatened by an evil crocodile who wants to devour them both. Maria Hendriks localized the story in Zululand, and Piet Grobler on cue staged his unique interpretation of a typical Natal scene complete with Zulu huts, rolling hills, rivers, plants,often bare trees, mealielands, cows and chickens. Piet Grobler describes it as “a friendly tale in a comtemporary setting”. With his own special touch and flair he brings the story closer and makes it more accessible to today’s readers. He dresses the characters in modern clothes, not traditional; he adds an endearing touch with a framed picture of Gogo, the beloved grandmother, and uses a textured background to create more warmth and depth. He did not want to lose the charm of a traditional setting, or take the myth away completely, so the design on the little girl’s dress is an African print. Piet strongly associates earthy tones with that area: the yellows of sandy soil and dead grass in winter; blue skies, and then the warmth of oranges, the reds of aloe plants; the colourful clothes of the mother and grandmother; Makwelane’s orange dress, and with tiny patches of green in the leaves of trees. Mixed media is used: collage; acrylic paints, the leaves of the trees are painted in oil and pastels, charcoal is used. The text pages have texture to express the earthiness of the story. The unusual buterfly in the story has wings made by cuttings of Zulu tapestry work; the scary eyes of the crocodile are grotesque human eyes recovered from fashion magazines. By using bits of photography, he deliberately changes the codes according to which most readers respond to the text. Tension is created, the viewer becomes more alert. By adding collage he adds a bit of reality, and this cautions the reader subconsciously, and creates new expectations. The combination of a variety of art techniques makes the whole presentation more interesting and alive. Typical of his work, Piet Grobler does not draw lifelike characters. He gives his impression of a typical Zulu child and family. He uses caricatures of people. The characters are unique looking-no-name brands so to speak, and the reader is introduced to a very endearing little girl and her family. As such all preconceived ideas of how a black person should be portrayed by an illustrator who is perhaps from another cultural background, is challenged and successfully dismissed. Makwelane is a charming and very likeable little girl with a broad watermelon welcoming smile; sharp little teeth, and thin legs and arms. When she sings her mouth forms a perfect round O; and when the crocodile frightens her the contrast between the scared face of the bravce little girl and the huge mouth and piercing eyes of the crocodile is strongly reeinforced. Typical of the illustrator, he introduces some o fhis fun-loving lighter touches with a tiny zebra running up a hill; a row of porcupines marching at the bottom of a page; curious birds and a grasshopper watching the events; a delightful huge funny looking butterfly; tiny eggs in bird nests; and a very scary crocodile bewitching us with his strange hypnotic eyes. I liked the idea that Makwelane is asociated with music; and her dad made her her own personal music maker, a makwelane. This reinforces the innocence of the child who always sings her songs to whoever wants to listen; and who tries to comfort the insect and bird who tries to warn her against the crocodile’s evil intentions.She is oblivious to her own danger; she is portrayed as innocent, caring and loving. Movement is well created with Makwelane helping her mother to hang up the washing on the trees; crushing mealies with a pestle; taking a sip of sour milk from her calabash; running and hurling her calabash at the crocodile; flinging her music maker’s bow at him, and finally shoving the makwelane in the crocodile’s mouth. In contrast to her playfulness, the whole of nature is immobile; watching and waiting. Then only the crocodile makes his moves. Until the final scene when the girl and her grandmother triumph over the crocodile and everybody; also the birds and chickens, dance in celebration of the victory. Now the crocodile is a small trapped reptile in the background, no longer looking very powerful or dangerous. Once again we are reminded that stories are universal; that folk and fairy tales are created in all cultures, and despite cultural differences, the story speaks to the child in every country and the child in all of us. Piet Grobler’s nomination for the Hans Christian Andersen Illustrator’s award goes with the good wishes and blessings of IBBY SA, our South African children , and I am sure with that of children worldwide. Lona Gericke, Head of Children’s Services, Bellville Library. Vice- President, IBBY South Africa. May 2007.

Kort resensies van Afrikaanse kinderboeke April 2007:

Botes, Elmarie Speurder Annika (LAPA, 2007)

Jonger lesers 8-10 behoort die skoolverhaal met Speurder Annika te geniet. Met ‘n gemaklike kinder-vriendelike styl vertel die skryfster die verhaal van die skoolkinders-Graad vyfs- wat betrokke raak by ‘n skynbare diefstal as die koekverkoping se geld verdwyn saam met die geldkissie waarop staan, Kunskursus. Annika het ‘n groot behoefte om speurder te speel, en na die diefstal opgelos is, begin sy notas maak…Ligte leesstof, lekker groot druk; geslaagde aanbieding vir hierdie ouderdomsgroep.
Stalmaats-reeks 3 en 4. Roux, Lize Anri se plan(LAPA, 2007) en Roux, Lize Die Spookperd(LAPA, 2007) Stalmaats-reeks I – Perdedrome, en nr 2- Totsiens, Sugarplum, het in April 2006 verskyn.

Die stalmaats Anri, Karen en Megan se avonture word voortgesit in hierdie volgende 2 titels. Ons het baie perdestorie-lesers, en meestal is die beskikbare boeke in Engels. Hierdie Afrikaanse reeks word verwelkom , en behoort ‘n groot aanhang onder veral die meisies te he. In Anri se plan besoek Peace Shelter-kinders die ryskool. Nomhle is die een wat dadelik van perde hou. Maar wanneer n selfoon verdwyn, word Nomhle van die diefstal verdink. Anri glo dat sy onskuldig is, maar Nomhle is oortuig niemand gaan haar glo nie. Hierdie stories lees lekker, die taalgebruik is geskik vir jong kinders, die storielyn loop lekker vinnig. Goeie ligte ontspanningsleesstof vir veral perdeliefhebbers.

Kort resensies van Afrikaanse Kinderboeke Maart 2007:

Daar verskyn gereeld nog heruitgawes van hierdie gunsteling boeke, met byderwetse , vrolike nuwe omslae wat kinders se aandag sal trek:

Smith, Topsy Trompie die speurder (H&R, 2007) en Smith, Topsy Trompie die dromer (H&R, 2007) Naude, Bettie Saartjie se nuwe maat ( H&R, 2007) Naude, Bettie Saartjie se slim plan (H&R, 2007) Donaldson, Julia Is daar plek op jou besem? H&R, 2002) Tweede druk 2006.

Hierdie is ‘n gewilde prenteboek vo humor, en ek is dankvader bly oor die tweede druk, waar baie van die gewilde Afrikaanse prenteboeke nie meer beskikbaar is nie, veral ook sommige van die uitstekende vertaalde prenteboeke.
Dan moet ons nie vergeet van al die Tintin(In Afrikaans Kuifie) boeke wat H&R in 2006 in Afrikaans uitgegee het nie:
Bestemming maan, In die land van die swart goud, en Verkenners op die maan. Hierdie bly altyd gewild by kinders en word verwelkom!
Vir die musiekliefhebbers is daar ‘n verwerking van Philip de Vos se Trazom wat in 1992 gepubliseer is. Die titel is Tot siens Tommasino ( H&R, 2007)
Hierdie is die verhaal van die vriendskap tussen Thomas Linley en Wolfgang Amadeus Mozart, teen die agtergrond van die kultuurskatte van Europa. Die nuwe uitgawe het ‘n interessante roomkleurige omslag , en bevat ook 2 bladsye woordverklarings.
Nuwe prenteboeke:

Maartens, Wendy ‘n Ster met strepe (LAPA, 2006) Ook in Engels beskikbaar as A star with stripes.

‘n Eg Suid Afrikaanse verhaal van die seun Benjamin en sy oom Adam-‘n blinde vioolspeler. Benjamin se droom is om eendag viool te kan speel soos sy oom, en hy leer vlytig. Wanneer sy oom met Ant Sofia trou, speel hy die lied van die rooi rok op die troue, en nou is hy nie meer Menjamin met die bekfluitjie nie. “Hy is nou ‘n ster. ‘n Ster met strepe.” Want ant Sofia het vir hom ‘n trui met strepe gebrei, netsoos die wit pakke met sebrastrepe op van die vier mans wat hy op die televisie gesien viool speel het. Die karakters is gewone mense-blommeverkopers en pensioenarisse; met klein inkomstes maar met groot drome en liefde vir mekaar. Die verhaal oortuig so sonder pretensies. Of dit nou werklik in kinders se smaak gaan val , weet ek nie. Anna-Carien Goosen is die illustreerder, en sy skets die menslikheid van die karakters oortuigend, maar soms is die bladsye te besig en vol. Vir voorlees of selflees; 3-7jaar.
Vir jonger lesers :

Hartmann, Wendy Dolfynedag (H&R, 2007) Afrikaans deur Simone Hough, met illustrasies deur Robert Foote.

‘n Lekker-leesstorie vir 9-11jariges . Jenna en haar broer Daniel is oortuig daarvan dat die tunaboot by Seemeeurots daar is om dolfyne in ‘n net vas te keer , hulle dood te maak vir geld. Oom Sollie stem saam, maar hy en sy manne tree nie vinnig genoeg op na Jenna se sin nie, en sy probeer meisie alleen om hulle te stuit. Daniel is nog bang vir die see na sy nare ondervinding met ‘n haai. ‘n Boeiende avontuur/spannings verhaal met lekker groot druk vir minder ervare lesers. Net jammer dat die boek so uiters onaantreklik aangebied word, met ‘n “dated” omslag en swart-en wit illustrasies soms goed, andersins baie lelik- bladsy 31, 33,38-39.
Nie-fiksie:

Die Loergaatjie-reeks : Bome, Plante, Water, en Voëls (H&R, 2007). Arden, Penelope. Afrikaans deur Daniel Hugo.

Hierdie vier kleurvolle boeke sal met waardering ontvang word deur jong lesers. Hulle kan op ‘n interessante en toeganklike wyse inligting bekom, en uitvind nie-fiksie kan boeiend wees! Jou aandag word dadelik getrek deur die sterk helderkleurige omslae; en die tegniek om d.m.v. flappies verdere inligting met die uitgevoude bladsye te bekom, werk goed met die nuuskierige jong kind. Die boeke is goed versorg, die inligting interessant aangebied. Hoogs aanbeveel.
Wessels, Tiaan Net vir ouens ( LAPA, 2006)
Tiener seuns behoort hierdie byderwetse aanbieding baie nuttig te vind! Hulle kan alles uitvind omtrent puberteit- hulle nuwe lyf; van meisies –liefde, die eerste date en perfekte soen; hoe om hulle self te versorg, en ten slotte 10 redes waarom ouens meer pret het! Ek hou van die ligte aanslag, die humor en dan ook die magdom nuttige inligting, veral die gedeelte oor dwelms en wat hulle doen. Die bronnelys sluit in 10 webwerwe.‘n Boek vir elke biblioteek en huis.
Lona Gericke

Kort resensies van Afrikaanse Kinderboeke, November 2006:

Vir jonger leserstjies:

Skrywer: Pippa Le Quesne. In Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. Die reeks Blommefeetjie-maats met titels: Rosie se spesiale geheim; Zinnia se groot avontuur; Soetkersie se wens; en Laventel red die somerdans (H&R, 2006) R49,95 per titel.

Was daar al ooit sulke pragtige boekies! Die omslae is in sagte pastelkleure, en die mooiste feetjies omring deur silwer sterretjies skitter daarop. Dogtertjies gaan so bly wees; en daarby lees die stories wat so met ‘n sensitiewe ligte aanslag fyn vertaal is deur Daniel Hugo, tog te lekker. Ek was terug in my kinderjare toe Fiefie die norse feetjie my gunsteling storie was. Hoogs aanbeveel om kindertjies lief vir boeke en lees te maak.
Van Heerden, Marjorie : Die oorspronklike, ongewoon skrikaanjaende werklik feitelike storieboek ( H&R, 2006) R99,95 Illustrasies deur die skrywer.
Marjorie van Heerden doen in hierdie pragtige boek van haar beste illustrasies ooit! Elke verhaaltjie word aangevul met lewendige, kinder-vriendelike beweeglike en humoristiese llustrasies wat grootliks bydra om die verhaaltjies nog lekkerder te laat lees. So is daar die leeus in Agter mamma aan; die nessie vol eiers waar kleurvolle drade wol die kleintjies beskerm teen die honger kat; die gesin wat ‘n entjie gaan ry; die los tand; endie yslike vet vlieg. Hierdie bundel stories is uiters geskik vir voorlees en selflees; is baie welkom op biblioteekrakke; en die ideale geskenk vir klein kinders. Hoogs aanbeveel.
Nie-fiksie:

Stern, Sam Kook ‘n storm los (H&R, 2006) R165.00 Afrikaans deur Susan Samuel.

‘n Kookboek vir tieners, geskryf deur ‘n tiener. Hy is 15 jaar oud, en reeds ‘n bekende rubriekskrywer. Jamie Oliver noem dit “A cracking book…” Hierdie is ‘n uiters aantreklike boek , met afdelings wat gewy word aan ontbyte; middagetes; kos na skool ; wat om te kook as jy die meisies wil beindruk, of as jou vriende kom kuier; gesinskos vir die naweek; poedings, eksamen-oorlewingswenke; partytjie-kos; en dan ook witwarm wenke van Sam. Dit bevat ‘n indeks . Enige jong kok of onervare kok sal baat vind by die boek;ek hou veral van die fotos van jongmense en aksiefotos aan die kook, aan die eet; of sommer net ‘n bord klaar voorberei. ‘n Treffer. Vir biblioteke en tuis aankope. Goeie kersgeskenk!
Jacobs, Jaco Hoeveel tande het ‘n krokodil? (LAPA, 2006) R80.00
‘n Pragtige boek met interessante feite oor Suid-Afrikaanse reptiele en amfibiee. Behalwe dat bibliotekaresse tog te bly gaan wees waar die boek hul gaan help met skooltake, gaan veral die seuns dit so geniet! Reptiele fassineer hulle nou maar eenmaal. En hier is die feite interessant en die fotografie uit die boonste rakke. Veral oulik is die glibberige vraag wat orals voorkom, bv. Wat beteken die woord “reptiel”?; het alle akkedisse pote; watter geitjies kan blaf?; wat beteken die woord “likkewaan”;hoe oud kan ‘n bergskilpad word? En nog vele meer. Hoogs aanbeveel.
Meyer, Naomi Ruik jy die filmster? ( Tafelberg, 2006) R69,95
Toe ek die eerste bladsy , eerste hoofstuk begin lees en die vreeslike mengsel van Afrikaans en Engels kry, is my eerste gedagte: het ons nie al genoeg vermenging van die tale nie ? Maar toe lees ek die hoofkarakter woon nou in Ierland, en haar Pa kla ook oor al die deurmekaar-pratery! En geleidelik trek sy jou in die verhaal in, taal vermenging of te nie! Sy praat die taal van tieners; sy gesels met die leser; vertel interessant; die karakters leef en beleef , en waar ek self ook vir jare in ‘n ander land gewoon het, is dit so lekker om die twee werelde hier te beleef: Bloemfontein en Ierland. Hoe ervaar ‘n mens Suid-Afrika tans? Toe haar broer by die kafee in ‘n rooftog hom vasloop; hoor sy agterna van hom: Welkom in Suid Afrika.(Hy bly hier, sy in Ierland). Haar vertelstem is interessant, natuurlik, eietyds, aktueel; vol insig; sensitief. Naomi Meyer kan gerus nog skryf. ‘n Lekker-lees storie wat ek aan tieners gaan aanbeveel. Watch net julle taal! Swakhede is daar wel: miskien net te veel derms uitryg met ‘n bietjie te veel van dieselfde verwysings na die gesin se verhoudings; verval ook in te veel persoonlike gevoelens vertel oor politiek en Kerk.wat die verhaaltant minder spannend maak. Die gebruik van Engelse woorde soms geforseerd; werk nie altyd nie. Kon doen met meer “editing”. Haar ma se dagboek inskrywings lees nie altyd lekker nie; die Harold karakter nie te geloofbaar nie, maar tog ‘n interessante manier om te wys dat sy nou die “werklke “ lewe betree. Die romantiese element met Prmsyl kon beter ontwikkel word. . In die geheel ‘n baie belowende poging, en genoeg vleis om tieners te boei. .
Ahlers, Nerine en Steenkamp, Alet SMS’e & skurke & spinnekoppe(LAPA, 2006)
‘n Lekkerlees ligte boek vir jong tieners wat defnitief gewild gaan wees onder meisies. Die resep is in die kol: ‘n groep van vyf vriendinne in Graad Nege wat saam in die Hoer Meisieskool Bergrif se koshuis bly. Al die graadneges moet vir vier dae gaan kamp en praktiese werk doen. Daar is die gebruiklike mislike Onderwyseres; Juffrou Prinsloo , en die held Diaan met die blou op wie Lindie verlief is. In die bos is alles primitief, daar is nie eers ontvangs vir selfone nie! En die nare Juffrou Prinsloo gaan toe saam om hul lewens te versuur. En dan beleef 3 van die meisies die een avontuur na die ander…. Ligte leesstof. Gemaklike skryftrant. ‘n Gawe toevoeging tot ons Afrikaanse Jeugboeke.
Kulsen, Anzil Zita ( LAPA, 2006);
Hierdie verhaal handel oor ‘n jaar in die lewe van Zita, ‘n meisie uit ‘n arm kleurling gesin wat land in ‘n nuwe skool tussen ‘n klomp wit meisies; weg van haar geliefde Kieriekroek waar sy grootgeword het. Dit gaan om verhoudinge- tussen Zita en haar nuwe skoolmaats; tussen haar en haar ma; met Waldo op wie sy hier verlief raak, en dan ook die knellende herinneringe aan haar Pa; na wie sy lyk. Kompleet met sy “koelie” gevreet. Sy staan uit soos ‘n seer vinger, oral. Ek is besonder beïndruk met Kulsen se skryfstyl- Zita praat soos haar mense, maar haar gedagtes gebeur in suiwer Afrikaans. Hier word fyn geskryf, mooi atmosfeer word geskep. Die gevoelens is opreg; haar seer raak die leser, want dit is werklik en lê diep. Die skryfster het baie potensiaal; ek dink baie jongmense deel Zita se gevoelens oor hul omgewing; of wonder oor die Pa wat hulle nooit geken het nie; of raak verlief op iemand uit ‘n baie verskillende agtergrond; en wonder of hy/sy nie hulle sal los as hulle die familie ontmoet nie. Hoogs aanbeveel. Een van die beste jeugboeke van die jaar!

Kort resensies van Afrikaanse Kinder en Jeugboeke September 2006:

Prenteboeke:

Knapman, Timothy Stefan en die prenteboek-seerowers, met illustrasies deur Adam Stower. In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys (H&R, 2006) R69,95

‘n Prenteboek spesiaal vir die seuns; al die dapper avontuurlustige mensies wat self droom van so’n opwindende avontuur met seerowers. Stefan is mal oor hierdie boek, en sy ma moet die storie oor en oor vir hom lees; maar dinge kry ‘n anderse kinkel as die goeie Kapein Ignatius Vloot besluit om met vakansie te gaan in Stefan se See-boek, en Stefan self moet inspring om die kordate kajuitmeisie Katryn te red van die nare Ben Bitterbek. ‘n Gemiddelde aanbieding; maar sal wel deur seuns geniet word. Vir my is die storie maar vlou; en half deurmekaar, en die illustrasies sou beter tot hul reg kom op glanspapier.
Hill, Eric Otto se pretjaar (H&R, 2006) R74,95
‘n Uiters gewilde skrywer en die geliefde Otto karakter word in Afrikaans vertaal. Die boekie bevat twee lig-die-flappie stories, Otto gaan skool toe en Otto hou vakansie. Hierdie Otto-stories bly seker van die gewildste boekies vir kleuters en peuters, en ek is baie dankbaar oor die vertaling . Hoogs aanbeveel.
Donaldson, Julia Die Goorgomgaaitjie ( H&R, 2006) IN Afrikaans vertaal deur Philip de Vos, en illustrasies deur Axel Scheffler. R69,95
‘n Lieflike titel vir die opvolg van die baie gewilde Goorgomgaai. Nou is daar ‘n klein meisie Goorgomgaaitie, en sy dwing net om bos toe te loop. Haar pa waarsku haar dis gevaarlik, want die aaklikge monster muis woon daar. Maar sy bsluit tog om hom te gaan soek; en die slim muis maak haar skrik met sy reuse skaduwee. ‘n Genotvolle boekie vol pret en aksie. De Vos se vertaling is in die kol; hy weet darem net hoe! Hoog aanbeveel.
Magona, Sindiwe Die heel, heel lekkerste kos!, met illustrasies deur Paddy Bouma( Tafelberg, 2006) R 79,95 Afrikaans deur Francois Smith.
‘n Verhaal van ‘n gesin . Siziwe die oudste dogter moet sorg vir haar broers en susters , want haar ma is land toe, en Tata is op die see uit. Die koskas is leeg, en sy moet ‘n plan beraam om die klomp honger kinders tevrede bed toe te stuur. So kook sy die heel lekkerste kos vir hulle almal- ‘n pot met water wat sy roer en roer tot al die kleintjies slaap. Die volgende oggend bring haar ma se beste vriendin genoeg bestanddele sodat sy hul magies werklik vol kan kry. ‘n Pragtige storie, met ‘n mooi lewensles. Vir voorlees of selflees. Geskik vir ‘n wye ouderdomsgroep. Mooi uitdrukkingsvolle illustrasies.
Daly, Niki Zanzibarstraat ( LAPA, 2006) R60,00
Zanzibaarstraat met sy kleurvolle huisies en inwoners- Mamma Jumbo, Joejoe, Japtrap,Oompie Lawaai, Broe’Vsi, en Klein Tjiep, sal dadelik in die harte van jong lesertjies inkruip. Die ouilikste is natuurlik Klein Tjiep; die een wat sorg nodig het, en by Mamma Jumbo kom bly. As sy hom nie soek nie, maak sy n plan met die skaduwee teen die muur as hy nie kan slaap nie; of hou ‘n verjaarsdagpartytjie vir hom. Die teks lees lekker, die karaktertjies is oulik, en die boek leen hom tot verdere stories oor Mamma Jumbo en Klein Tjiep. Vir voorlees of selflees. Mooi aanbieding.
Nie-fiksie: Bull, Jane Die Reëndag-boek, Die Sonskyndag-boek; Die Towerboek ( H&R, 2006) Vertaler: Kobus Geldenhuys. R100 per boek.
‘n Stel van drie aktiwiteitsboeke , elk met 50 aktiwiteite vir vervelige reëndae, of maniere om in die son te baljaar, of sommer net betowerende aktiwiteite. Hierdie tipe boek is uiters gewild in biblioteke, veral in vakansietye of vir onderwysers wat kinders besig moet hou. Vir reëndae is daar byvoorbeeld krabbel-werk; meubels maak van weggooigoed; soutdeeg; weefwerk; boontjiesakkies; breiwerk en speletjies. Die Towerboek wys hoe om jou eie toorsak te maak; blufbalonne; toorvlinders;wiskindekunsies; hoe om jou eie drogdrankie te maak, en leer kul in ‘n kits. Op ‘n sonskyndag kan jy ‘n sonhorlosie maak; sonkuns beoefen; jou klere oemf gee; suurlemoenstrelers vir dorstiges maak; ‘n boot bou; vlae van sakke maak; sonvangers ontwerp; ‘n draagbare kampeerterrein maak; en sonskynspeletjies geniet. Kleurvolle boeke met oorspronklike idees wat eenvoudig en sistematies uiteengesit is. In hierdie onderwerpsgroep is daar groot leemtes in Afrikaans, en ons is opgewonde oor hierdie drie boeke. Kinders sal self wil besit.
Bekende skrywers/ reekse in Afrikaans vertaal:

Dahl, Roald Charlie en die groot glashyser en Matilda( H&R, 2006) In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Elk R69,95

Hierdie boeke en skrywer het nie bekendstelling nodig nie. Welkome toevoegings tot Afrikaanse Kinderboekversamelings. Koop vir biblioteke en gee as geskenke vir kinders!
Hergé Die avonture van Kuifie: Die tempel in die son; Die 7 Kristalballe; en Die skat van Rackham die Rooie ( H&R, 2006) Elk R69,95
Kuifie bly baie gewild; en Afrikaanssprekende kinders sal tog te bly wees om hul lieflingkaraktertjie in hul eie taal te kan lees! Broodnodig vir biblioteekversamelings; maar ook vir tuis versamelings.
In die bekende ou Libri-reeks word klassieke literatuur weer stof afgeskud met bekende werke nou weer beskikbaar in Afrikaans; pragtig versorg met aantreklike omslae wat ‘n mens lus maak om die boeke te lees.

Defoe, Daniel Robinson Crusoe en Die Onsigare man, deur H.G.Wells. ( H&R, 2006) R89,95 elk. Nog twee Maasdorp titels is ook daar - Nukke op Maasdorp en Maltrappe op Maasdorp; Leoni Hofmeyr se bekende versameling van 26 sprokies en volksverhale is herdruk (H&R, 2006) R99,95 elk.; terwyl vier Reënboogrant titels ook herdruk is met pragtige nuwe omslae: Anderkant die Reënboog, en Hartebreker, beide deur Louise van Niekerk;(Reënboogrant Tieners) en Teddie se geheim en Die Hanswors ,deur Maritha Snyman en Teddie…deur Maritha Snyman en Loraine Hattingh. (Reënboogrant Maats) LAPA, 2006. R50,00 per titel.

Kort resensies van Afrikaanse kinderboeke Mei 2006:

Roux, Lize Perdedrome (Stalmaats-reeks 1) LAPA< 2006. R45,00 Roux, Lize Totsiens, Sugarplum(Stalmaats-reeks 2) LAPA, 2006 R45.00

Reekse oor Perde sirkuleer gewoonlik goed in biblioteke, en waar ons in Afrikaans min boeke met hierdie tema het, word die Stalmaats-reeks baie verwelkom. Ligte leesstof vir 9-11jariges.
Napp, Daniel Dr. Brom verstaan dit nie(H&R, 2006) R59,95. Ook in Engels beskikbaar met die titel Dr Brumm is puzzled.
‘n Groot formaat prenteboek waarin spottend verwys word na mense se obsessie met tv programme en die groot onsteltenis as die TV skielik dood is terwyl ‘n belangrike rugbywedstryd gespeel word. Dr. Brom die beer verstaan nie waar sy rugbyveld en spelers heen verdwyn het nie. Hy volg die kabel tot by die rivier waar drie bewers , ‘n wiel en ‘n snaakse masjien staan. Hy verstaan toe wel dat hulle hulp nodig het met die wiel wat op sy as teruggeplaas moet word. So kry die kassie weer lewe,maar waar is sy rugbyspelers nou?! ‘n Lekker vermaaklike storie, druk maklik om te lees en die boodskap vir diegene wat nie kassie-behep is nie, tog te lekker! Sal gewild wees. Voorlees of selflees.
Brink, Tania Ouens is nie pizzas nieI (LAPA, 2006)
In 2002 het Tania Brink die boek Liefde laat jou Rice Krispies anders proe tot groot vermaak van vele jong lesers geskryf, en nou is dit weer Ouens is nie pizzas nie! Netsoos die vorige titel lees hierdie boek tog te lekker, en sal met groot waardering ‘n plek op biblioteekrakke en tuis kry. Want Tania Brink kan ‘n storie vertel, so dat jy dit netnie wil neersit nie. Veral as die resep so reg is: 2 Meisies Anja en Zanelle wat vir die Desembervakansie in ‘n pizzarestaurant, Zip, werk waar hulle 2 aantreklike broers Markus en Abrie ontmoet. Afgesien van die liefdesintriges wat ontwikkel, is daar ook nog die gevaar dat Zip dalk gesloop gaan word om plek te maak vir ‘n luukse hotel… Hoogs aanbeveel as lekker ligte leesstof.
Smit, Louise Haas Das se nuuskas (H&R, 2006) R79.95. Illustrasies deur Fred Mouton.
Louise Smit skryf oor hierdie gewilde program: Haas Das was die eerste driedimensionele karakter vir die Suid-Afrikaanse kind wat op televisie verskyn het. Ook was Haas Das die eerste nuusleser op televisie vir Suid-Afrika: 6 Januarie 1976. Riaan Cruywagen was Haas Das, die nuusleser van Diereland. In hierdie nuwe versameling kan oud en jonk hul weer verlustig in die humor , wyshede en drama wat gepaard gaan met kommentaar oor gebeure in die dierewereld. Hierdie is die soort boek wat ouers en grootouers graag aan kinders sal skenk; en ideaal vir saamlees en voorlees. Fred Mouton se illustrasies is vol humor en vul die lewendige vertelling pragtig aan.
Bloemhof, Francois Riller-omnibus(H&R, 2006) R99,95
Al Bloemhof se bekende rillerverhale is hier in een band saamgevat en volledig bygewerk: Die speletjie, Die vrou met die pers oog; Donkerwoud; Hospitaaltyd; Tannie Langklou; Die waterding, Kamer 13 en Vampiere in Londen. ‘n Baie aantreklike stofomslag maak hierdie ‘n uiters begeerlike boek vir eie versamelings ; veral waar die verhale reeds so gewild is en jong lesers nou al hul gunsteling stories” onder een dak” kan saamneem op vakansie , of waarheen ookal. Hoogs aanbeveel.
Brandt, Marianna Die Stoutsterte: Poot aan wal (H&R, 2006) R79,95
In 2002 verskyn die eerste boek oor die wonderbaarlike avonture van twee muisgesinne, die Van Stertens en die Kaase, naamlik Die Stoutsterte van Texel tot Tafelbaai. Na ‘n opwindende seereis saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris, land hulle op 6 April 1625 in die Kaap. En nou volg die tweede boek: Poot aan wal! Marianna Brandt gebruik hierdie kinder-vriendelike muiskarakters om ‘n stukkie van ons Geskiedenis vir jong lesers te ontsluit. Soos Jan van Riebeeck en sy mense moet hulle ook aanpas in hierdie nuwe vreemde land, blootgestel aan die eienaardige gediertes; kennis maak met inheemse muise soos Oedas en Gorra, en die bou van die fort De Goede Hoop beleef. ‘n Interessante vermaaklike en ook leersame boek . Marianna Brandt het deeglike navorsing gedoen, en die illustreerder Tanja Joubert lewer soos gewoonlik ‘n puik bydrae met haar humoristiese illustrasies om die boek uiters aanloklik vir leserstjies te maak. Hoogs aanbeveel.
Lona Gericke, Julie 2006

KORT RESENSIES VAN AFRIKAANSE KINDERBOEKE April 2006:

Prenteboeke: Die avonture van Wilde Willemientjie, deur Riana Scheepers; illustrasies deur Vian Oelofsen( Tafelberg, 2006) R79,95

Dat hierdie prenteboek ongetwyfeld ‘n uiters geskikte musikale kindersversdrama op die verhoog sal wees, betwyfel ek gladnie. Of dit werk as ‘n prenteboek; hieroor het ek wel my bedenkings. Die teks is lewendig, humoristies en Riana Scheepers rym met groot gemak en vernuf. Wilde Willemienjie is voorwaar ‘n dierbare klein waaghals, en sy behoort in oud en jonk se harte te kruip. Weet net dat ouers maar sal moet voorlees; en ouer kinders weer sal verby die gevoel van ‘n boek vir klein kindertjies moet reik na ‘n teks wat hulle ook kan geniet. Vian Oelofsen handhaaf die werk van hoë gehalte waaraan mens gewoond geraak het. Die illustrasies is net so snaaks en lewendig en uitbundig soos die teks; en het defnitief baie “child appeal”. Hy word net al beter en beter! Vir alle ouderdomme; veral hulle wat jonk van gees bly.
Die soen wat verdwaal het, deur David Melling(LAPA, 2005) R59,95 Uit die Engels vertaal deur Lydia du Plessis.Engelse titel: The kiss that missed.
Die koning is oorhaastig, en die nagsoentjie wat hy vir sy seuntjie blaas vlieg woerts by die venster uit… Die koning se heel dapperste ridder moet die soentjie agterna sit. Dit is die begin van ‘n bangmaak-avontuur vir hom- gaan hy dapper genoeg wees?! ‘n Ligte vermaaklike storietjie met min pit, maar tog lig en vrolik en kinders sal lekker vermaak word, veral wanneer die knobbelrige boomstomp toe nie ‘n boomstomp is waarop hy gaan sit om asem te skep nie! Ek hou van die illustrasies, en die lekker groot druk; altyd welkom as dit by kleuters se boeke kom. 3-7jariges.
My saamsleep-dieretrein ( H&R, 2006) R69,95 In Afrikaans vertaal deur Philip de Vos en Wanda Muller
Op die oog af ‘n uiters aantreklike karton saamsleep dieretreintjie met drie kompartemente: Hannes Hond se wonderlike trein; ‘n Oerwoudavontuur; en Pret op die plaas. Maar ek kry die ma’s jammer wat die stukke uitmekaar sal moet haal; en dan weer moet sorg dat die trein terug in sy saamdra dosie gebere is! Verder gaan die treintjie nie lank hou met die uiters kwesbare rugkant nie. Nie biblioteekmateriaal nie , en ek dink regtig ma’s kan hulle geld beter spandeer .
My blommefeetjies-bababoek, deur Cicely Mary Barker ( H&R, 2006) R110 In Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo.
Die bababoek wat elke baba graag sal wil hê- om te vertroetel tot hul groot is. Pragtige keurig versorgde aanbieding; en so mooi dat ‘n mens wêns jy kon weer klein wees om so iets moois te kan besit. Vir ma’s wat ‘n baie mooi bababoek as n geskenk of vir hul eie kleinding wil koop. Hoogs aanbeveel.
Nie-fiksie:

My eerste kookboek, deur Annabel Karmel ( H&R, 2006) R110. In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys.

‘n Kookboek wat elke kind behoort te hê; en elke bibllioteek in voorraad moet neem. Die kind word toeganklik aangespreek met resepte vir roereiers, pannekoek; slurpspaghetti; dierekoekies, konfythartjies en nog vele meer. Met werklike foto’s word stap vir stap verduidelik hoe om die geregte voor te berei. En kindertjies is self aan die werk, met groot glimlagte, want dit is tog te lekker! Hoogs aanbeveel.
Kinderboek en Jeugboeke:

Heruitgawes word verwelkom van die volgende titels:

Reekse:

Reënboogrant Maats Snyman, Maritha ‘n Nag van Angs(LAPA, 2006) R49,95 en Snyman, Maritha Die balletkonsert(LAPA<>

Reënboogrant Tieners : Van Niekerk, Louise Drome en dramas en Raves en rugstekers (LAPA, 2006) R 49, 95:

Roux-de Jager, Lien Monsterduiwe , ‘n ruimtefantasieverhaal word heruitgegee, vergesel van 2 nuwe titels in haar ruimtetrilogie: Woestynvuur en Doemprofeet(LAPA, 2006) R59,95 elk.

Pieterse, Pieter Silwer jakkals van die Namib (Best books, 2006) R42,95 Orrspronklik uitgegee in 1990.

Grobbelaar, Pieter W Wensfontein (H&R, 2005) R69,95 in sagteband. Hierdie bundel sprokies het oorspronklik in 1986 verskyn, en bly gewild onder kinders. Vermaaklik en lekker leesstof. Blakemore, Stella Jongspan op Maasdorp en Niggies op Maasdorp ( H&R, 2006) R62,95

Drie nuwe verhale verskyn ook :

Nagmerrie.net(Thomas@- reeks) deur Carina Diedericks-Hugo (LAPA, 2005) R49,95

Hierdie reeks deur Carina Diedericks-Hugo is tans van die gewildste reeks in biblioteke se voorraad, en seker ook tuisbesit vir baie van haar bewonderaars! Daar is ‘n nuwe meisie by die Hoërskool Leeukop in Thomas-hulle se klas. Sy is die sepiester Fleur Vermaak. Met haar verskyning gebeur vreemde dinge in die lewens van hierdie graadneges. Lees maar self om uit te vind.
Viljoen, Fanie Geraamtes in die klas(H&R, 2006) R79,95.
Stephan en sy beste maat Kobus is die 2 stoutste seuns in Laerskool Laagkruin. En Juffrou Beneke die kwaaiste juffrou in die skool; ‘n ysblok van ‘n mens. Wanneer ‘n wetenskap eksperiment van die 2 seuns verkeerd loop, land Juffrou Beneke op die geraamte in die klas en verander self in een! Hoe gaan die klomp kinders nou op toer gaan, vergesel van ‘n juffrou Geraamte? Maar in haar nuwe gedaante is Juffrou Beneke ‘n ander mens-hulle het die heerlikste avonture, en sy wen selfs ‘n motorfiets vir hulle, en die lekkerste ding ooit is om die vaal skoolbus in ‘n nuwe gedaante te klee; en dan nog te sien hoe ‘n seekat amper hulle Juffrou vir altyd laat verwyn… Fanie Viljoen was seker soos een van hierdie twee seuns op skool: onnutsig, lewendig, ‘n grapmaker van formaat. ‘n Heerlike storie vir jong lesers so tussen 9-12 jaar; vol aksie , humor en lekker verrassings. Hoogs aanbeveel. Die illustrasies is gedoen deur Karl Stephan; en werk lekker saam met die teks. Net jammer oor die hinderlike handskoene op bls. 24; die minder geslaagde illustrasie op bls. 26-27; die tasse op bls. 32; en die laaste illustrasie op bladsy 104. So onnodig om iets op ‘n bladsy te sit wat net afbreuk aan die geheel doen! Maar die res wys hope talent en vul die verhaal goed aan.
Brandt, Marianna Die avonture van Magrietjie Swaaiboude (H&R, 2006) R89,95 Illustrasies deur Tanja Joubert.
Hierdie storie is gebaseer op die ware verhaal van Phillip Kotze, ‘n hemipleeg; en sy labrador, Magrietjie Swaaiboude wat sedert 1992 saam met hom een van George se grootste toerisme aantreklikhede geword het. Die skryfster vertel op ‘n eenvoudige maar uiters leesbare wyse hul verhaal. Na die kokketiel Samuel se dood, kom Blondie in sy plek, alhoewel Magrietjie aanvanklik niks wou weet van die arrogante Blondie nie!. Jong lesers sal geniet om saam met hulle deur George se strate te beweeg, en daaglikse ondervindinge te deel soos as hulle blomme aflewer in die hospitaal; op die plaas gaan kuier; verjaarsdag hou; die soektog as Samuel in die bioskoop wegraak; ‘n besoek aan die dierewinkel en nog baie ander vermaaklike gebeure. Tanja Joubert laat die illustrasies uitstekend werk saam met die teks. Sy openbaar ‘n fyn aanvoeling vir humoristiese situasies; gee interessante detail; teken mooi as hulle hartseer is, en dra daartoe by dat ‘n keurig versorgde boek die jong lesers veel plesier sal verskaf.
Lona Gericke. April 2006

KORT RESENSIES VAN AFRIKAANSE KINDERBOEKE JAN 2006:

Hans Christian Andersen sprokies: Ter viering van Andersen se 200ste herdenking, verskyn ses van sy sprokies by Human &Rousseau! : Die keiser se nuwe klere, Die teepot; Die lelike eendjie; Die prinses en die ertjie; Die Herderin en die steenkoolveer; en Die Tonteldoos.. Prys: R49,95 elk. (H&R, 2005.) In Afrikaans vertaal deur Philip de Vos.

Hierdie groot formaat veelkleurige publikasies is broodnodig in biblioteke en vir versamelings tuis. Die boeke is keurig versorg, aantreklik, en die lekker groot druk maak dit toeganklik ook vir die beginner lesertjies. Vir voorlees of selflees.
Debi Gliori se slaapstories, in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys.(H&R, 2005). R115.
Debi Gliori laat jong lesertjies lekker lag wanneer sy ou gunstelinge soos Spykersop, Die rooi hennetjie en die Drie varkies op ‘n oorspronklike en verfrissende wyse oorvertel. Haar illustrasies vul die teks kleurvol en op eg humoristiese wyse aan; sy hanteer haar materiaal met insig en ‘n fyn aanvoeling vir die kind se waarnemingswereld. Vir voorlees of selflees.
Waar’s Jamela? Deur Niki Daly (Tafelberg, 2005) R69,95. Ook bweskikbaar in Engels, Sesotho, isiXhosa en isiZulu. Afrikaans deur Linda Rode.
‘n Pragtige prenteboek waarin die jong lesertjie weer ‘n verdere avontuur saam met hul geliefde Jamela kan beleef. Linda Rode vertaal soos altyd met ‘n fyn aanvoeling vir net die regte woord wat tref en die storie lekker laat vloei. Jamela is baie ongelukkig omdat haar ma ‘n nuwe huis en werk gekry het, want sy hou van haar ou huis en is gladnie lus vir die verandering nie. Haar besittings word in hul eie doos met haar naam daarop verpak; en nou voel Jamela hierdie is die veiligste skuilplek vir haar…
VERTALINGS IN AFRIKAANS VIR OUER KINDERS:

Rowling, J.K. Harry Potter en die halfbloed Prins ; in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys (H&R, 2005) R160

Die lang verwagte sesde boek in die baie gewilde reeks vertalings van die Harry Potter boeke is hier! Die boek self homself verkoop, en elke aanhanger van Rowling sal dit seker graag wil besit. In biblioteke is hierdie reeks selde op ons rakke.
Drie titels in die gewilde Kuifie boeke van Herge is beskikbaar in Afrikaans teen R89.95 elk: Koning Ottokar se Septer; Die Krap met die goue knypers; en die Geheimsinnige ster.
Herge se boeke is oorspronklik in Frans gepubliseer, maar nou al in meer as 40 tale vertaal. ‘n UIters gewilde reeks in biblioteke en sekerlik ookvir versamelings tuis.
Die Libri-reeks : 4 Titels in Afrikaans hervertaal met pragtige kleurvolle omslae - Prys R 89.00 elk. Die avonture van Sherlock Holmes en Tom Sawyer; Skateiland en White Fang, die wolfhond.

Wie van ons ouer lesers onthou nie die ou vaal vierkantige kleinerige formaat van die eerste vertalings nie!! En tog het ons dit verslind, want ‘n goeie storie verkoop tog homself. Nou kan jong lesers weer opnuut kennis maak met

Lona Gericke 30 Januarie 2006.

Kort besprekings van Afrikaanse Kinderboeke 23nov:

Prenteboeke:

Lena se bottelboom, deur Wendy Maartens, met illustrasies deur Anna-Carien Goosen (LAPA, 2005) R59,95. Ook in Engels beskikbaar.

‘n Mooi atmosferiese verhaaltjie van die dogtertjie Lena wat saam met haar Oupa , Ouma , ‘n gemmerkat, ‘n hoenderhaan en vier wit henne in ‘n geel huis met ‘n groot vyeboom woon. Haar gunsteling speelplek is bydie vyeboom. Wanneer sy hartseer is , sit sy met haar wang teen sy koel stam, en dan hoor sy haar ma se stem. Haar ma is dood, en sy maak musiek met haar bottels en twee lepels as sy na Mamma verlang. Die vyeboom kry nuwe betekenis met Kersfees wanneer sy dit met die bottels versier; ook die parfuum botteltjie wat aan haar ma behoort het. Gevoelvolle, mooi uitbeelding van die gevoelens en verlange van die kind, maar ook die liefde van ‘n Oupa en Ouma wat haar ondersteun. ‘n Ideale verhaaltjie vir troos en bemoediging. 6-9jaar.
Sneeuwitjie en ander prinsesstories,deur Gretel Wybenga (LAPA, 2005) R99,95
‘n Klassieke versameling van 12 verhale oor prinsesse, insluitende bekendes soos Sneeuwitjie, Paddaprins, Doringrosie, Die prinses en die ertjie; en minder bekendes soos Kaatjie Kraakneut en Koning Bokbaard. Stories oor prinsessies is altyd gewild, veral by die meisies, en die hele aanbieding is keurig versorg. Die illustrasies verdien spesiale vermelding: baie moeite is gedoen om die boek aantreklik te maak met geillustreerde rande op elke bladsy wat inpas by die verhaal,bv. pampoene by die pampoenprinses en bloedrooi rosies by Doringrosie. Veral die klein illustrasies van ‘n sleutel of eierkelkie, ‘n voeltjie en neute is besonder fyn en realisties gedoen. Hierdie illustrasies bied kinders soveel meer om na te kyk en te geniet. Die gesigte deurgaans trek my nie aan nie, maar hier en daar “werk” hulle tog.. In die geheel ‘n baie pragtige boek.
Die avonture van Lula, die koei wat anders was, deur Sophie Jaff, geillustreer deur Petra Gevers ( H@R, 2005) R79,95.
Lula hou nie van gewone koei-dinge nie, sy hou van sing: as sy gemelk word,in die veld, en in die stal saans. Dit maak die ander diere mal, almal behalwe Hendrik Haan. Hy berei haar voor vir New York. Lulu oefen en oefen, totdat sy gereed is vir die kompetisie in die groot stad. Rajim , die kakkerlak word daar haar bondgenoot. ‘n Lawwe storie oor ambisie,drome en vriendskap, met snaakse woordspeling. Heeltemaal vermaaklik.
Ons soek sterte! , deur Ann Walton; geilustreer deur Tamsin Hinrichsen (Tafelberg, 2005). Ook in Engels beskikbaar. Afrikaans deur Linda Rode.
Net in stories het Olifant, Eland en Skilpad behoefte aan sterte waarmee Koedoe hulle moet help. Koedoe belowe dat dit geen probleem is om hulle te help nie, hulle moet net die towerwoord “Omumborumbonga “ onthou by ontvangs. Gaan hulle dit regkry? ‘n Fyn vertaalde storie in Afrikaans; ek het dit reeds uitgetoets op kleuters en hulle het heerlik gelag vir my gesukkel om die towerwoord self te onthou! Lekker boek vir voorlees en selflees. Keurige versorgde boek met aantreklike illustrasies.
Hou vas, Seekoei,deur Vian Oelofsen (H&R, 2005) R69,95
Hanna en haar Pa gaan strand toe, en haar geliefde opblaas seekoei moet saam. Toe haar Pa seekoei ‘n bietjie wil opblaas, kry die wind Seekoei beet en Hanna hardloop agterna om seekoei te vang. ‘n Eenvoudige storietjie met ‘n dun storielyn , hoewel die situasie geloofbaar is. ‘n Kind sal van alles vergeet en net daarop konsentreer om ‘n geliefde speelgoedmaatjie terug te kry. Oelofsen se beweeglike illustrasies dra die storie.
Mia se ma,deur Marita vd Vyver, met illustrasies deur Piet Grobler (H&R, 2005)R79,95
Mia is die allerfraaiste hasie met die slimste, talentvolste ma in die hele wereld. Alles kan sy , volgens Mia beter doen as haar maatjies Hakima, Leon , Selo, Bella en Mark se ma’s. Hulle begin selfs skrikkerig voel oor die tannie wat klink soos ‘n heks met bonatuurlike vermoens! Op Mia se verjaarsdagpartytjie neem dit baie verduideliking en oorreeding van haar ma voordat die kinders kans sien om van haar verjaarsdagkoek te eet. ‘n Baie slim manier om kinders op ‘n subtiele manier te herinner aan die mag en betowering van feeverhale. Piet Grobler doen hier van sy mees kind-vriendelike illustrasies; verbeeldingryk, prettig, al te mooi. Hoogs aanbeveel. Wye ouderdomsgroep; peuters sal die prentjies geniet, en kleuters sal identifiseer met die gedagte dat my ma net die beste ma in die hele wereld is!