February 14, 2008

Boekresensie 30 September 2005:

NAGVLERKE, deur Jaco Jacobs ( LAPA, 2005) R49,95

Weereens bewys Jaco Jacobs dat hy vir kinders kan skryf! ‘n Opwindende spanningsvolle verhaal ; die 4 de titel in die Grille en Goeters reeks. (Ander titels Nag van die monsters, Tande, en Troetelgedrog). Arno gaan vir die vakansie saam met sy ouers na ‘n gesondheidsplaas, en hy weet sommer dat dit die aakligste vakansie van sy lewe gaan wees. Gelukkig vir hom is daar ‘n seun van sy ouderdom , Dewald, die eienaar van die plaas se seun om hom geselskap te hou. Hulle is dadelik vriende, veral waar hulle saam skelm cheese burgers kan eet! ‘n Meneer Helberger raak vermis op die plaas, en die twee besluit om die volgende oggend na die grotte te ry. Die grotte is net ‘n paar tree van ‘n stappershut af. In die tweede kamer kom hulle op ‘n gruwelike fonds af: ‘n grynsende kopbeen. En by die hemp se kraag loer “’n Donker, gefrommelde varkgesig met reusagtige ore en swart kraalogies uit”….’n Monsterding; ‘n reusagtige vlermuis! Naby die gesondheidsplaas het hulle verby ‘n omheinde plek gery: Biotek Laboratorium-Streng privaat. Is daar ‘n verband tussen Meneer Helberger se verwyning, die monsteragtige vlermuise, die kopbeen…? ‘n Verhaal wat elke jong lesertjie sal geniet; so 7-10 jaar. + Dit is regtig grillerig en boeiend.
Lona Gericke

No comments: