February 14, 2008

Kort resensies van Afrikaanse Kinderboeke Mei 2005:

Operasie M.I.A.A.U , deur Carina Diedericks-Hugo(H&R, 2005) R69.95

Hierdie verhaaltjie sal tog te lekker in die smaak van alle katliefhebbers val; maar ook ander met meer waardering na katte laat kyk! Want Felix, ‘n elfjarige seun word deur die M.I.A.A.U organisasie van katte te help om as geheime agent Poggenpoel die stryd teen dwelms aan te pak. Maar dit is nogal besondere dwelms; vir kinders van lewensbelang om die gemense spel te stuit; want die verspeiding kan beteken dat kinders voortaan net grillerige groentes soos spinasie , broccoli en pampoen wil eet! Ugh. Die verhaal is oortuigend, oorspronklik, vol aksie en opwinding en lees lekker. Die skryfster praat ‘n taal wat kinders verstaan; en kinders sal dit baie geniet. Hoogs aanbeveel.
Heruitgawes van twee belangrike jeugboeke, hersien en met treffende nuwe omslae:

Proefwedsryd vir Wikus, deur Kobus Maree (H&R, 2005) en !Sit oom Paul,deur Johann de Waal( H&R, 2005) Beide R59,95

Proefwedstryd vir Wikus is ‘n baie gewilde jeugboek wat amper nooit op ons rakke staan nie. Hierdie nuwe aantreklike omslag sal die aandag trek en selfs nuwe lesers lok. Teen die agtergrond van skool en rugby word die verhaal vertel van ‘n seun wat deur verkeerde besluite te neem, sy lewe goed deurmekaar kan gooi. Word sterk aanbeveel vir lesers tussen 11-14 jaar. !Sit oom Paul is ‘n belangrike en treffende literere werk . Jong tieners sal identifiseer met die hoof karakter wat blootgestel word aan issues soos - is die Kerk se verteenwoordigers noodwendig altyd reg? ; stem ek saam met wat volwassenes dink die regte ding is vir my om te doen? As dit gaan oor verhoudinge, bly dit maar moeilik om met jou gewete te kies.
Nie-Fiksie :

Bewaringsreeks- Velaphi die pikkewyn; en Jabulani die olifant ( LAPA, 2005) R59,95 Ook in Engels beskikbaar.

Twee belangrike verhaaltjies waarin die pikkewyn en olifant karaktertjies self vertel hoe hulle die bewaringspogings van mense ervaar het waar die pikkewyne moes oorleef na olie besoedeling en die olifant na hy in die modder vasgesit het en die ander olifante hom nie kon bevry nie. Jong lesertjies tussen 8-12 jaar sal die aantreklike boekies verslind, veral waar die storie ondersteun word deur feite oor pikkewyne en olifante . Kinders kan ook leer hoe om self met bewaring te help. Uiters nuttig en leersaam . Hierdie onderwerpe word gereeld in projekte gedek. ‘n Moet vir biblioteke, skole en tuistes.

1 comment:

Anonymous said...

Ek het op my blog al na 'n paar kinderboeke verwys...net vroeer die week weer 'n pos geskryf wat saam met die link..."closes friend" gaan...en ek het nog 'n inskrywing/lysie wat ek wil blog