February 14, 2008

KORT RESENSIES VAN AFRIKAANSE KINDERBOEKE JAN 2006:

Hans Christian Andersen sprokies: Ter viering van Andersen se 200ste herdenking, verskyn ses van sy sprokies by Human &Rousseau! : Die keiser se nuwe klere, Die teepot; Die lelike eendjie; Die prinses en die ertjie; Die Herderin en die steenkoolveer; en Die Tonteldoos.. Prys: R49,95 elk. (H&R, 2005.) In Afrikaans vertaal deur Philip de Vos.

Hierdie groot formaat veelkleurige publikasies is broodnodig in biblioteke en vir versamelings tuis. Die boeke is keurig versorg, aantreklik, en die lekker groot druk maak dit toeganklik ook vir die beginner lesertjies. Vir voorlees of selflees.
Debi Gliori se slaapstories, in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys.(H&R, 2005). R115.
Debi Gliori laat jong lesertjies lekker lag wanneer sy ou gunstelinge soos Spykersop, Die rooi hennetjie en die Drie varkies op ‘n oorspronklike en verfrissende wyse oorvertel. Haar illustrasies vul die teks kleurvol en op eg humoristiese wyse aan; sy hanteer haar materiaal met insig en ‘n fyn aanvoeling vir die kind se waarnemingswereld. Vir voorlees of selflees.
Waar’s Jamela? Deur Niki Daly (Tafelberg, 2005) R69,95. Ook bweskikbaar in Engels, Sesotho, isiXhosa en isiZulu. Afrikaans deur Linda Rode.
‘n Pragtige prenteboek waarin die jong lesertjie weer ‘n verdere avontuur saam met hul geliefde Jamela kan beleef. Linda Rode vertaal soos altyd met ‘n fyn aanvoeling vir net die regte woord wat tref en die storie lekker laat vloei. Jamela is baie ongelukkig omdat haar ma ‘n nuwe huis en werk gekry het, want sy hou van haar ou huis en is gladnie lus vir die verandering nie. Haar besittings word in hul eie doos met haar naam daarop verpak; en nou voel Jamela hierdie is die veiligste skuilplek vir haar…
VERTALINGS IN AFRIKAANS VIR OUER KINDERS:

Rowling, J.K. Harry Potter en die halfbloed Prins ; in Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys (H&R, 2005) R160

Die lang verwagte sesde boek in die baie gewilde reeks vertalings van die Harry Potter boeke is hier! Die boek self homself verkoop, en elke aanhanger van Rowling sal dit seker graag wil besit. In biblioteke is hierdie reeks selde op ons rakke.
Drie titels in die gewilde Kuifie boeke van Herge is beskikbaar in Afrikaans teen R89.95 elk: Koning Ottokar se Septer; Die Krap met die goue knypers; en die Geheimsinnige ster.
Herge se boeke is oorspronklik in Frans gepubliseer, maar nou al in meer as 40 tale vertaal. ‘n UIters gewilde reeks in biblioteke en sekerlik ookvir versamelings tuis.
Die Libri-reeks : 4 Titels in Afrikaans hervertaal met pragtige kleurvolle omslae - Prys R 89.00 elk. Die avonture van Sherlock Holmes en Tom Sawyer; Skateiland en White Fang, die wolfhond.

Wie van ons ouer lesers onthou nie die ou vaal vierkantige kleinerige formaat van die eerste vertalings nie!! En tog het ons dit verslind, want ‘n goeie storie verkoop tog homself. Nou kan jong lesers weer opnuut kennis maak met

Lona Gericke 30 Januarie 2006.

No comments: