February 14, 2008

Children’s book reviews, December 2007:

Engelbrecht, Nelia Die seun met die blou hare( LAPA, 2007)

Vir jonger lesers, so tussen 7-10 jaar, verskyn hierdie onderhoudende verhaal oor ‘n seun met blou hare, Luna, en sy goeie vriend. Saam ondervind hulle die lekkerste dinge; want Luna stuit vir niemand nie, en almal is veral versigtig vir sy luislang troeteldier. Die skool bied ‘n fietsresies aan, en Luna besluit hulle moet deelneem. Op eie stoom sou hulle verloor, maar Luna het ‘n troefkaart in die vorm van sy luislang wat pandimonium skep onder die deelnemers; sodat hulle twee gemaklik kan wen. Maar die eintlike pret begin as hulle toorkoekies bak wat al die kinders laat versteen, en hulle word ook lig soos veertjies. ‘n Teenmiddel moet dringend uitgevidn word. Maar dan loop die twee hulle vas in twee rowers; en al genade is om weer die toorkoekies se hulp in te roep. Hulle ontdek die skat van die rowers, en nou sien hulle uit na ‘n vogende fietswedren! Ligte ntspanningsleesstof. Behoort gewild te wees. Gemaklike skryfstyl; heeltemaal vermaaklik.
In die Grllle en Goeters-reeks verskyn die boek, Voelers, deur Jaco Jacobs . (LAPA, 2007)
Marius en sy vriend Denzil help Dok met ‘n eksperiment waarvoor hy krieke nodig het. Maar die twee se nuuskierigheid veroorsaak dat hulle op ‘n geheime eksperiment van die Dokter afkom; en wanneer van die vloeistof op Marius val, begin hy geleidelik al meer in ‘n insek verander! Dok maak die teenmiddel, maar gaan hy dit vir Marius gee? En as hy dit self sou inkry?! Lekker leesbare kort verhaal wat jong lesers se aandag sal hou; en net kort geoeg om die trae lesertjies deur te trek.
Diedericks-hugo, Carina Thomas@ aksie.net (LAPA, 2007)
Hierdie uiters gewilde reeks word aangevul met die welkome nuwe Thomas verhaal!

No comments: