February 14, 2008

Boekresensie

VUVUZELA, deur Engela van Rooyen ( Tafelberg, 2005) Silwer medalje wenner Sanlam prys vir Jeuglektuur, 2005.

Die verhaal van twee broers uit die Townships, Buti en Senke. Senke het geweldige heldeverering vir sy broer , “ hy was nog altyd vir hom pa en ma tesame”. Buti is ook die een wat mal is oor sokker , en Senke maak allerhande planne , sy Tikiplanie, om vir sy broer ‘n kaartjie te kan koop vir die World Cup.” Daardie stippie in die lewe sal Buti se hele lewe vorentoe beter maak.” Dit gaan dus om broers se lojaliteit en liefde vir mekaar, en die lewe in die Townships. Die skrywer het hierdie lewe in die fynste detail bestudeer en beskryf, en hierin le myns insiens die sterkte van die boek. Sy gebruik die taal wat hulle hier praat, soms baie oortuigend, soms is die Engelse woorde tussen die Afrikaans meer hinderlik, bv. hoekom” school” met die Afrikaans so na hieraan? Dit maak dat die boek baie meer hakerig lees; en pragtige fyn beskrywings tussenin raak amper verlore as ‘n mens nie baie “fyn” lees nie. Dan beweeg die storie ook baie stadig, eers op bladsy 84 kry dit momentum, en word die spanningslyn sterker en meer interessant. Hiervandaan raak die leser nou betrokke by die verhaal, en n paar mooi gedeeltes volg, bv. waar Senke bekommerd is dat sy broer nie weer huistoe gaan kom nie. Die skrywer beeld hul emosies baie oortuigend uit, en dankie tog, niks is geskryf om sensasioneel te wees of te skok nie! ‘n Baie belowende boek, en ‘n waardige wenner van die Silwer medalje. 10-14 jaar.
Lona Gericke.

No comments: