February 14, 2008

Kort resensies van Afrikaanse kinderboeke April 2007:

Botes, Elmarie Speurder Annika (LAPA, 2007)

Jonger lesers 8-10 behoort die skoolverhaal met Speurder Annika te geniet. Met ‘n gemaklike kinder-vriendelike styl vertel die skryfster die verhaal van die skoolkinders-Graad vyfs- wat betrokke raak by ‘n skynbare diefstal as die koekverkoping se geld verdwyn saam met die geldkissie waarop staan, Kunskursus. Annika het ‘n groot behoefte om speurder te speel, en na die diefstal opgelos is, begin sy notas maak…Ligte leesstof, lekker groot druk; geslaagde aanbieding vir hierdie ouderdomsgroep.
Stalmaats-reeks 3 en 4. Roux, Lize Anri se plan(LAPA, 2007) en Roux, Lize Die Spookperd(LAPA, 2007) Stalmaats-reeks I – Perdedrome, en nr 2- Totsiens, Sugarplum, het in April 2006 verskyn.

Die stalmaats Anri, Karen en Megan se avonture word voortgesit in hierdie volgende 2 titels. Ons het baie perdestorie-lesers, en meestal is die beskikbare boeke in Engels. Hierdie Afrikaanse reeks word verwelkom , en behoort ‘n groot aanhang onder veral die meisies te he. In Anri se plan besoek Peace Shelter-kinders die ryskool. Nomhle is die een wat dadelik van perde hou. Maar wanneer n selfoon verdwyn, word Nomhle van die diefstal verdink. Anri glo dat sy onskuldig is, maar Nomhle is oortuig niemand gaan haar glo nie. Hierdie stories lees lekker, die taalgebruik is geskik vir jong kinders, die storielyn loop lekker vinnig. Goeie ligte ontspanningsleesstof vir veral perdeliefhebbers.

No comments: