February 14, 2008

SHORT REVIEWS OF NEW AFRIKAANS TITLES JUNE2005:

Heruitgawes van gewilde Afrikaanse reekse:

Rousseau, Leon Fritz Deelman en die ondersese myn Fritz Deelman en die Gori Lama(H@R, 2005) R59,95

Hierdie boeke het geen bekendstelling nodig nie! Reeds sedert die vyftiger jare word hierdie boeke gelees deur jongmense wat hou spanningsvolle avontuur. Nog steeds ‘n treffer.
Blakemore, Stella Maasdorp se nuwe onderwyseres Hoofmeisie Kobie (H@R, 2004) R59,95
Vierde uitgawe, eerste druk 2005. Die Maasdorp reeks bly altyd ‘n wenner, en kinders sal verheug wees om die vrolike nuwe uitgawes te kan lees.
Dahl, Roald Marius se merkwaardige medisyne (H@R, 2005)R59,95 Tweede uitgawe, eerste druk 2005-06-15
Roald Dahl bly een van die gewildste skrywers vir jong kinders; en dit is verblydend dat hierdie boek weer uitgegee is. `
Grobbelaar, Pieter W Doer in dierlandy (H@R, 2005) R69,95

‘n Heruitgawe van n versameling sprokies , die meeste uit eie bodem. ‘n Aantreklike boekie met lyntekeninge deur Alida Bothma wat op humoristiese en lewendige wyse die teks pragtig aanvul. Hoogs aanbeveel.

3 Beginner leesboekies:

In elkeen van hierdie humoristiese verhaaltjies word kinders geboelie deur lui, wreedaardige grootmense, en slaag hulle daarin om koning te kraai deur ”fantastiese” ingryping! Elke kind se droom. Die skryfster spot heerlik met volwasse boelies en hartelose mense en is duidelik aan die kant van die jeug.

Oosthuysen, Janie Daar is vlooie in my bed! (LAPA, 2005) R49,95

Rosie bly by haar nare pleegouers, oom Flopper en tant Flousie; en sy is moeg om die twee luies se werk te doen; en dan nog hul te help met hul kulkunsies by die pretpark van Meneer Raaswater. Buitendien is oom Flopper ‘n redelike flop as kulkunstenaar. Sy skrik haar boeglam toe sy nuwe toertjie beteken dat hy haar gaan wegtoor in die verdwynkis- die pop waarop hy geoefen het , het dan in drie stukke te voorskyn gekom. Maar gelukkig ontdek sy Stradivarius Vlooi en die Flik-Flak-Vlooie , resiende kunstenaars in haar bed, en so gebeur die toertjie van die jaar!... Janie Oosthuysen se humoristiese verhaaltjie is goeie leesstof vir 7-9jariges. Lekker groot druk, maklik leesbaar, en kinders sal dit geniet dat Rosie die oorhand oor haar pleegouers kry.
Oosthuysen, Janie Die Towerpotlood(LAPA, 2005)R49,95
Paulus is Ronnie se hamster en sy beste maat. Hy bly by sy nare oom en tante; en hy is bang hulle gaan ‘n muisvalletjie stel en Ronnie daarin vang. Hy neem Ronnie saam skooltoe; hy haat skool ook oor die boelie Jan Boel wat hom daar teister. ‘n Towerpotlood laat hom drie wense wens… lees self en vind uit wat gebeur!
Oosthuysen, Janie Die verlore eiland(LAPA, 2005) R49,95
Om in ‘n kosskool te wees is gewoonlik die meeste kinders se nagmerrie. Madame Spina Webb s’n op die Verlore Eiland klink erger as erg: geen besoekers, vakansies, briewe of oproepe word toegelaat nie. Die skool val so reg in die smaak van Meneer en Mevrou Hebzug, en Nikkel en Pennie word dadelik daarheen gestuur. En gou vind hulle uit dat hul vrese bewaarheid gaan word, maar op ‘n veel erger manier as net om sonder oproepe of briewe te bly!

No comments: