February 14, 2008

Boekresensies Januarie 2008:

Vir die kleintjies:

Jacobs, Jaco Danie Dreyer se dinosouruseier en ander alfabetpret (LAPA, 2007) Geillustreer deur Maja Sereda

Wat ‘n prettige en vermaaklike alfabetboek! Nie net word die letter van die alfabet herhaal in die rympie vir die spesifieke letter nie; maar die kinder vriendelike illustrasies laat elke bladsy van die boek ‘n genotvolle belewenis word! Met die letter M byvoorbeeld, lees ons van Mandy Mbeki wat ure lank aan haar ma se motordeur vassit oor die massiewe magneet in haar skooltas. Baie mooi aanbieding.
Jonger lesers: Hartmann, Wendy Theo die biblioteekkat; Theo en die sirkus; en Theo en die kattedief (LAPA, 2007), met wonderlike illustrasies deur die bekende Joan Rankin.
Hierdie drie boekies vir 7-9jariges is van die mooiste boekies in die genre wat ek lanklaas gesien het. Behalwe dat die eenvoudige verhaaltjies lekker lees; is hierdie voortreflike voorbeelde van hoe n illustreerder ‘n verhaal kan verryk met ‘n fyn aanvoeling van elke gebeurtenis wat in humpristiese, beweeglike illus onverbetelik uitgebeeld word. Hoogs aanbeveel. HIerdie is klein juweeltjies en kwaliteit.
Vir 9-11 jariges: Jacobs, Jaco se Voelers (LAPA, 2007) in die Grille en Goeters reeks:
Dok Brummer se laboratorium kan dalk die verkeerde plek wees vir Marius en sy virend Denzil om in te wrk vir ekstra sakgeld- hy mag nou wel mal wees oor allerhande soort insekte en goggas; maar Dok hou van eksperimente , en sy Formule x kan snaakse goed met ‘n mens laat gebeur….! Lekker-lees storie, met genoeg aksie en opwinding vir die jong lesers, veral seuns.
Engelbrecht, Nelia Die seun met die blou hare (LAPA, 2007)
Om met die seun Luna vriende te wees is net een groot avontuur. Hy is anders; van sy blou hare tot sy troeteldier Sleep, ‘n slang, is Luna nog vol interessante plannetjies ook- Soos om Sleepkoekies te bak vir ekstra sakgeld. Maar wanneer hy geel tower poeier in die sleepkoekies gooi in plaas van regte bakpoeier , begin snaakse goed met die ander kinders gebeur….. Ligte leesvermaak; ook snaaks en onderhoudend geskryf.
Heruitgawe van Reeboog rant Maats 11 : Smit, J c Ans se geheim (LAPA 2007) Eerste uitgawe 2000.
Hierdie gewilde reeks het nou pragtige pastel-kleurige omslae , so reg in fyn dogters se smaak! Die twee reekse is baie gewild onder 10-12 jariges, en kinders sal hou van die boeke se nuwe voorkoms.
Vir Tieners:
  • Van Niekerk, Louse Doodloopstrate en Paaie van die hart ( Reenboogrant Tieners 11 en 12 ) Doodloopstrate word heruitgegee,Paaie van die hart is nuut in hierdie gewilde reeks.
  • Diedericks-Hugo, Carina Thomas@ aksie.net (LAPA, 2007) Hierdie is die sesde avontuur-belaaide titel in ‘n gewilde reeks jeugboeke.
Die skrywer het hier n goeie resep vir ‘n wenner: ‘n gewilde sepie,Die Malans van Marthaheim waarin Thomas ‘n rol kry; ‘n sexy blondekop medespeler; ‘n skurkagtige Seth; ‘n TV-ateljee wat nie verniet die naam Gruwelgrot kry nie; ‘n geheimsinnige man in ‘n jas wat daar rondsluip; dreigemente aan Thomas; gemeng met Thomas se rugby ambisies….. baie intrige en aksie vir al Thomas se jojale lersers!Carina Diedericks-Hugo praat die taal van hierdie jongmense; en hulle avontuur word met groot afwagting deur die leser gedeel. Lekker leesstof.
  • Ahlers, Nerine en Steenkamp, Alet Sepiesterre, sokkies en skobbejakke(LAPA, 2007)
Hierdie is ‘n tipiese geslaagde verhaal vir meisies: 4 Vriendinne in aangrensende kamers in die koshuis wat met groot afwagting uitsien na die Revue waaraan hulle almal wil deelneem; ‘n aaklige Juffrou van wie hulle niks hou nie en wat baie suspisieus optree; ‘n optel katjie Nebukadneser wat hulle probeer wegsteek in die kamer; eskepades in die Franse klas; dit alles lei tot ‘n klimaks met diewe, ‘n brand en Mia wat kry wat sy werklik verdien…. Ek het die verhaal nogal geniet; en wil juis nie die storie vertel nie! Genoeg om te se meisies gaan lekker lees.

1 comment:

Anonymous said...

Hallo Lona
Ek het toevallig op jou blog afgekom en is werklik verbaas om die aantal LAPA boeke daar te sien.
Dankie vir dit wat jy vir die boekindustrie doen! Mail my gerus op 'n stadium, sal graag meer van jou "Born to read" program wil weet.

Groete
Suzann Prinsloo
Kommunikasiebestuurder: LAPA
suzannp@lapa.co.za