February 14, 2008

Kort resensies van Airikaanse Kinderboeke Nov/Dec 2004:

1. Prenteboeke:

Julle is almal my gunstelinge, deur Sam McBratney; geillustreer deur Anita Jeram (H&R, 2004)

Wat ‘n pragtige prenteboek! Beerverhale bly altyd gewild by die kleintjies, en hierdie prenteboek is baie spesiaal en ‘n moet vir elke versameling vir kleuters. Drie klein beertjies wonder of hulle regtig die wonderlikste beertjies in die hele wereld vir hulle ouers is; maar met slim antwoorde word hulle tevrede gestel deur die ouerpaar. ‘n Gerusstellende verhaaltjie vir die gesin; waar die liefdesband tussen ouer en kind mooi vertel word.
My sussie se tande, deur Leon de Villiers met illustrasies deur Vian Oelofsen (LAPA, 2004)
Een van die oulikste prenteboeke vir kleuters hierdie jaar! Jannie du Plooy se nuwe babasussie begin tande kry, en sy byt van die more tot die aand: selfs ‘n gat reg deur haar bed! “Sy byt alles wat voorkom, sy eet alles wat roer, niemand is meer veilig, selfs nie eers haar dierbare broer nie”. Baie vermaaklik; uiters oorspronklik en louter plesier om te lees. Hoogs aanbeveel.
Ons baba se boek, Afrikaans deur Carina Diedericks-Hugo( Human @ Rousseau, 2004)
Die ideale geskenk vir nuwe ouers; pragtig versorgde boek waarin hulle baba se geboorte en hele geskiedenis kan opteken. Fraai!
2. Jeugverhale:

Die verhale van Hans Christian Andersen; Afrikaans deur Kobus Geldenhuys (H&R, 2004)

Dertien van Andersen se beste verhale is in hierdie versameling opgeneem. 2005 is die 200-jaar viering van Hans Christian Andersen se geboorte. Hierdie versameling is die ideale manier om die gebeurtenis te herdenk; want Andersen was ‘n meester van die vertekuns. Joel Stewart se illustrasies is donker en interessant; en gee die gevoel van Andersen se donker momente getrou weer. ‘n Prag publikasie; smaakvol en keurig gedoen.
Heruitgawes:

Rousseau, Leon: Fritz Deelman en die diepsee-duikbol; en Fritz Deelman en die woestynrowers (H&R, 2004).

‘n OU gunsteling onder kinder swat altyd gewild bly en gelees gaan word!
Die hart van Zeebak, deur Martie Preller (Tafelberg, 2004)
Met sy laaste vraestel vir die matriekeksamen klaar geskryf, besluit Ferdinand om alleen op sy fiets die wereld te gaan verken. Op ‘n afgelee klein dorpie speel hy skaak; en dan word hy betower deur ‘n pragitge blonde meisie wat hom tot ‘n ander werklikheid lei op die planeet Zeebak. Die ou-ou verhaal van die stryd tussen goed en kwaad; hebsug; magsug en waar ‘n mens se lojalitiet nou eintlik le. Heeltemaal interessante poging met ‘n mengsel van fantasie; sci/fi ; geloofbare karakters; avontuurlk en boeiend. Vir lesers 10-14 jaar.
Vir Kuifie-liefhebbers!: Die swart eiland (Die avonture van Kuifie) en Die blou lotus ( H&R, 2004) In Afrikaans vertaal deur Johan Rossouw .
‘n Broodnodige toevoeging tot die uiters gewilde Kuifie-boeke. Ons jong lesertjies se baie dankie!
Nie-fiksie:

Usborne Internet –reeks: Mummies en Piramides ; en Dinosourusse(H&R,2004)

Hierdie twee publikasies , in Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs; is broodnodig weens die reuse aanvraag na boeke as hulpmiddels by skoolprojekte in Afrkaans. Usborne het die reputasie vir goed nagevorsde, aktuele, en nuwe inligting; en die onderwerpe wat hier gedek word is beide in aanvraag vir skoolprojekte; en Dinosourusse is terselfdertyd ook ‘n geliefde onderwerp by die meeste jong kinders! Ons het die boeke broodnodig. Dankie vir die uitgewers se insig in behoeftes.

No comments: