February 14, 2008

Short reviews of Afrikaans Children’s books April 2005: Herdrukke: Blakemore, Stella Allegra op Maasdorp en Maasdorp se drie musketeers(H&R, 2005) Nog twee herdrukke verskyn van die altyd gewilde Maasdorp –reeks. Hierdie boeke het geen bekenstelling nodig nie. Pragtige kleurvolle omslae maak dit ‘n lus vir die oog. Dankie aan die uitgewer wat besef ons het die boeke altyd nodig! Hill, Eric Otto by die see (H&R, 2005) Otto is vanjaar 25 jaar oud, en die uitgewer het ingespring en hierdie immergewilde Otto reeks weer in Afrikaans beskikbaar gestel. Hierdie titel is ‘n kartonboek in groot formaat , met interessante uitsny-detail wat beslis die kinders se aandag gaan trek. Daar is buitendien geen ander karaktertjie wat homself so oor en oor bewys het as een waarmee die kleintjies altyd met groot entoesiasme identifiseer nie. ‘n Aanwins vir biblioteke en elke boekrak tuis Nuwe titels: Jacobs, Jaco Net aliens eet spinasie (H&R, 2005) Jaco Jacobs het die vermoe om te skryf waarvan kinders hou. So het hy ook vanjaar ‘n ATKV kinderboekprys gewen vir sy boek Pretpark. Hierdie boekie bevat 7 grillerige humoristiese verhaaltjies vir 7-10jariges, met titels soos Net aliens eet spinasie; Nie vir sensitiewe lesers nie; Bang vir spoke, en Woefie-woef. Die skrywer het ‘n ligte aanslag en skryf baie vermaaklik . Kinders sal hul gate uit geniet met die stories! Reyneke, Marie Die masker van Yoruba (H@R, 2005) Hierdie verhaal is geskryf vir ‘n bietjie ouer ouderdomsgroep, so 10-14 jaar. Theuns Meyer , sy ma en suster gaan woon op Sandbaai om tydelik in hul oom se vakansiehuisie hul lewens in orde te kry na sy pa tronkstraf kry vir geldverduistering. Sy ma probeer met naaldwerk die pot aan die kook hou; en Theuns weer as ‘n ervare duiker raak betrokke by Ras Payne, ‘n perlemoenstroper, want so kan hy gou geld maak om sy gesin uit die finansiele verknorsing te red. Maar die lewe is netnie so eenvoudig nie. Yoruba, die houtmasker word die bereplek vir sy geld; as simbool van welvarendheid. ‘n Interessante meesleurende verhaal; waar verhoudinge mooi uitgebeeld word; teen die agtergrond van perlemoenduik en stropery. HIerdie tema is nuut en maak die boek interessant om te lees. ‘n Goeie toevoeging tot versamelings.

No comments: