February 14, 2008

Boekresensies Julie 2007:

Jacobs, Jaco Monster grappe ( LAPA, 2007) Met illustrasies deur Kobus Faber.

Sommer so ‘n vrolike boekie om jouself en maats te vermaak as julle lekker wil lag! Grappe oor monsters, mummies, vampiere. Spoke, geraamtes, alliens o.a., word vergesel van lawwe limerieke, klop-klop grappies en selfs ‘n resep om jou eie monsterslym te maak. Die illustrasies vul die teks mooi aan, en die boekie van net 56 bladsye is keurig versorg. Vir selflees of voorlees; alle ouderdomme!
Kruger, Martie Jy kan ook ‘n entrepreneur wees (LAPA, 2007), met illustrasies deur Kobus Faber.
Hierdie is die ideale boek vir elke jong persoon wat graag geld wil verdien deur ‘neie besigheid te begin. Dit bevat o.a. vrae met kolomme waarin die persoon sekere vrae moet beantwoord, wat die boek natuurlik nie geskik maak as biblioteek materiaal nie, maar uiters geskik vir ‘n jong ambisieuse kind om hom/haar rigting te gee vir ‘n begin. Deel 1 help hulle om idees tot aksie te verwerk; Deel 2 gee voorbeelde met fotos van suksesvolle jong entrepreneurs wat finaliste of wenners in die ATKV kompetisies was; en Deel 3 bevat ‘n hele alfabet van idees vir besighede. Regitg ‘n keurig versorgde publikasie, logies en uiters prakties uiteengesit, en daarby nog aantreklik en prikkelend. Hoogs aanbeveel.

No comments: