February 14, 2008

BOEKRESENSIES 2 Desember 2004-12-02

Diedericks-Hugo, Carina SMS.NET(Thomas@-reeks) LAPA Uitgewers, 2004-12-02

Hierdie is die 4de titel in die gewilde Thomas@-reeks. Met haar kenmerkende lewendige, vermaaklike eietydse styl en fyn sin vir humor, hou die skryfster die leser se aandag met ‘n verhaal vol aksie en intrige. Die karakters word oortuigend geskilder; die skryfster praat die taal van jongmense; die verhaal lees lekker en vinnig . Die boek sal netso gewild soos haar ander boeke wees. Hoogs aanbeveel as ligte leesstof. Die storie?! Lees self en geniet!
De Villiers, Leon Ek en my monster: ‘n handleiding vir beginners , met illustrasies deur Marjorie van Heerden(LAPA, 2004)
Vir die eerste keer verskyn daar ‘n boek in Afrikaans wat kan dien as ‘n volledige gids tot monster: die verskillende soorte, hul lewensiklus, wat hulle eet, hoe om die regte monster te kies, dinge wat jy hulle kan leer, interessante monsterfeite, enigeiets wat jy nog altyd oor monsters wou weet! En hierby verskaf die illustreerder Marjorie die allersnaakste monsters om jou te vermaak. ‘n Lekker-lees boek vir kinders oor ‘n wye ouderdomspektrum. “’n Huis sonder ‘n monster is soos ‘n vrou sonder ‘n hart”. Baie oulike aanbieding en behoort uiters gewild te wees.
Hartman, Bob and Raglin, Tim Die wolf wat outjie geskree het , in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos(H@R,2004)
Klein Wolfie is nooit tevrede met die kos wat mamma Wolf vir hom voorsit nie; hy is net lus om klein outjies- kinders- op te vreet. Anders as Wolf, wolf, begin hy om daaagliks Outjie te skree; en sy arme ma en pa hardloop hulle morsdood agter die denkbeeldige outjies aan! Tot hulle agterkom waarmee hy besig is. Toe ‘n regtige outjie selfs tot binne-in hul huis kom, weier hulle om na hom te luister, en hy is verplig om vrede te maak met die lamburgers en drie-brommer slaai en ander nare kos waarvan hy nooit gehou het nie. Om die waarheid te se; hy het nou selfs lief geword vir gekookte larwesop! ‘n Prettige vermaaklike storie ; lekker-lees materiaal vir die kleintjies; en die illustrasies is togte oulik. ‘n Lekker toevoeging tot die kinderboek voorraad- in biblioteke en tuis. Hoogs aanbeveel..

No comments: